NamPol Oshana bevorder 460 lede

Altesaam 460 lede van NamPol in die Oshana-streek is tot verskeie range bevorder. NamPol-streekbevelvoerder in Oshana, kommissaris Naftal Sakaria, sê 231 vroulike offisiere is bevorder, wat neerkom op 50,3 persent vroulike verteenwoordiging. Sakaria het ook gesê sy kantoor ontvang gereeld verslae van kwessies wat verband hou met gedrag en dissipline, beide departementeel en krimineel, veral onder lede in die laer range. Sake het te lank geneem om op te los omdat sommige lede nie met ondersoeke wil saamwerk nie. Sakaria sê hulle maak dit egter ‘n prioriteit om aan hierdie sake te werk en ‘n aansienlike aantal is in ‘n kort tydperk afgehandel.