Witbrood duurste in Khomas-streek in November

Namibië se jaarlikse inflasiekoers in November was 5.7 persent, laer as die koers van 6 persent in Oktober. Sone 1, of die noordelike streke plus Erongo en Otjozondupa, het die hoogste koers van 6,4 persent aangeteken. Die inflasiekoers in Sone 2, die Khomas-streek, en Sone 3, wat bestaan uit die Karas-, Erongo-, Hardap- en Omaheke-streke, was 5,3 persent. In November het inwoners van Sone 3 die hoogste prys vir beesbredie betaal teen 93,03 Namibiese dollar per kilogram, gevolg deur Sone 2 teen 88,39 dollar per kilogram, terwyl verbruikers in Sone 1 die minste betaal het teen 87,49 dollar per kilogram. Verbruikers in Sone 2 het die hoogste prys van 14,77 dollar vir ‘n witbrood betaal, gevolg deur Sone 3 teen 14,07 dollar, terwyl Sone 1 die minste betaal het teen 13,87 dollar per brood.