Ramprisikobestuur-strategie bekendgestel

Die kantoor van die eerste minister het die bewusmakings- en kommunikasiestrategie vir ramprisikobestuur 2023 tot 2027 bekendgestel. Klimaatsverandering raak alle Suider-Afrikaanse lande en Namibië is kwesbaar vir natuurrampe soos droogte, voedselonsekerheid en vloede. ‘n Nasionale benadering om die risiko’s te bestuur is dus nodig om ‘n plaaslike kultuur van rampvermindering te skep. Eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila het tydens die bekendstelling gesê die strategie is daarop gemik om nasionale kapasiteit te versterk om rampe te voorkom, te versag, daarop te reageer en te herstel.