Lichtenstrasser nie geskik om in die hof te verskyn nie

Moordenaar Ernst Lichtenstrasser is nie geskik om in die hof te verskyn nie en word by ‘n geestesgesondheidsfasiliteit behandel. Twee dokters het die mediese verslag aan regter Christie Liebenberg oorhandig. Voorleggings in die vonnisopleggingsverhoor moes die week plaasvind. Sy behandeling kom ongeveer twee weke na ‘n selfmoord poging. Hy het ‘n oordosis Tramadol en Zolpidem by die Windhoek-korrektiewe fasiliteit geneem. Lichtenstrasser het tydens sy getuienis gesê hy sal of die doodstraf of huisarres aanvaar na sy skuldigbevinding vir die 2019 moord van Ekhard Mueller en Heimo Hellwig, twee direkteure van die Namibiese Instituut vir Mynwese en Tegnologie. Die saak is tot 29 Januarie uitgestel.