Kosmos 94.1 Nuus bewys radionuus kan sy man in tradisionele nuuslandskap staan

Kosmos 94.1 Nuus het die Namibiese Professionele Jagtersvereniging se Mediahuis van die Jaar-toekenning ontvang vir ons dekking oor jagaangeleenthede. Dit is die tweede keer vanjaar dat Kosmos 94.1 Nuus bekroon word, nadat die ondersoekende artikel oor die impak van die olievonds die Politiek en Openbare Regering-kategorie van die Namibiese Redakteursforum se toekennings gewen het. Dit spreek boekdele oor radio as ‘n nuusmedium en hoe radionuusdekking net so belangrik as koerante word. Die stigter en aandeelhouer van Kosmos 94.1, veteraan-uitsaaier Kolie van Coller, verduidelik.