Standbeelde se verwydering ‘politieke opportunisme’

Die VF Plus in die Oos-Kaap sê die EFF se jongste veldtog vir die verwydering van alle koloniale standbeelde en gedenktekens in Nelson Mandelabaai is niks anders as politieke opportunisme nie. Bill Harrington van die party sê die EFF beplan om op die volgende raadsvergadering ‘n mosie in te dien om onder meer die Prester John-gedenkteken, die standbeeld van koningin Victoria, die Anglo-Boereoorlog-gedenkteken en die portrette van voormalige wit burgemeesters te verwyder.