ANC kom nie eers agter hoe ver heen hulle is nie

Die Vryheidsfront Plus sê die ANC-regering se waan dat dit ʼn groot prestasie is dat miljoene Suid-Afrikaners van maatskaplike toelaes afhanklik is, is skokkend. Fanie du Toit van die party sê die regering spog daarmee dat maatskaplike toelaes die afgelope 25 jaar die hoogte ingeskiet het. Hy sê die werklikheid is dat Suid-Afrika se stelsel vir maatskaplike dienste een van die wêreld se duurste is vir belastingbetalers om te onderhou. Hy sê daar is ongeveer 18-miljoen voltydse ontvangers terwyl sowat tien-miljoen ʼn tydelike noodverligtingtoelaag kry: