Net 59% van Suid-Afrikaners kan terugbetalings doen

TransUnion se vierde kwartaal verbruikerspolsstudie toon slegs 59 persent van Suid-Afrikaanse huishoudings verwag om huidige rekenings en leningsverpligtings na te kom. BusinessTech berig Gen-Z en die Milleniërs, teen onderskeidelik 34  en 42 persent, sukkel om hul kredietverpligtinge na te kom. Vier-en-dertig-persent beplan om van hul spaargeld te gebruik, terwyl 31 persent gedeeltelike betalings oorweeg. Gevolglik beplan 47 persent om besteding aan eet-, reis- en kleinhandelinkopies te verminder, veral ten opsigte van klere en elektronika. Hierdie neiging dui op ‘n moontlike uitwerking op die kleinhandelsektor, veral tydens die feestyd.