Petroleumolies grootste invoer-item

Die top vyf kommoditeite wat na Namibië ingevoer is in Oktober, het gesamentlik 27,6 persent van die totale invoere uitgemaak. Petroleumolies was bo-aan die lys met ‘n aandeel van 16,6 persent van die totale invoerwaarde. In die tweede posisie was motorvoertuie vir die vervoer van goedere, met 3,5 persent van die totaal, terwyl siviele ingenieurs- en kontrakteurstoerusting ‘n aandeel van 2,6 persent gehad het. Motors vir die vervoer van persone, en toerusting vir anorganiese chemiese elemente was vierde en vyfde op die lys, en het onderskeidelik 2,5 persent en 2,4 persent van die totale invoere beloop.