SA se regbank is veilig, nie gekaap nie
Hoofregter Raymond Zondo van Suid-Afrika het aan die driedaagse Regterskonferensie in Sun City, Noordwes, gesê die regbank is nie gekaap nie. Zondo het beklemtoon die geleentheid bied aan regters en landdroste ‘n platform om gesprek te voer oor sleutelkwessies wat die funksionering van die regbank beïnvloed, insluitende regterlike onafhanklikheid, doeltreffendheid van die hofstelsel, hulpbronne en vermoë van die regbank, aanspreeklikheid en etiese gedrag van regterlike beamptes.