ALFA-man-kursus lok honderde

Die Wes-Kaapse LUR vir polisie-oorsig en gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, sê hulle het 1 585 aansoeke ontvang vir die Chrysalis-akademie se 24 ALFA-man-kursus. Dit is vir jong mans van 18 tot 25-jaar oud. Allen sê die kursus bestaan uit verskillende fases. Hy sê dit sluit opleiding in oor noodhulp, basiese kookkuns, sekerheid, beregtiging tussen strydende partye, sweiswerk, kantooradministrasie en elektrisiteit.