‘Oorlog’ teen invoere van dooie mense se klereDecember 5, 2023
Daar is groot kommer in Uganda oor die regering se planne om die invoer van tweedehandse klere te verbied. In net een mark in die hoofstad Kampala werk meer as 80 000 mense in die bedryf, waarvan 70 persent vroue is. Oos-Afrika voer sowat ’n agtste van die wêreld se gebruikte klere in, wat werk verskaf aan sowat 355 000 mense wat 230 miljoen Amerikaanse dollar per jaar verdien, volgens ’n 2017-studie deur die Amerikaanse regering se hulpagentskap, USAid. Maar die sektor is ook ‘n seer punt vir regerings in Afrika, wat sê die invoere benadeel die binnelandse tekstielbedryf. Volgens Ugandese president Yowerie Museweni is die klere van die dooies in ‘n vreemde land. Wanneer ‘n wit persoon sterf, word die klere na Afrika gestuur. Hy sê hy het oorlog teen tweedehandse klere verklaar om Afrika-drag te bevorder.