Noorde se damme kry redelik water, die res kry swaarDecember 4, 2023

Daar is net 25,2 persent waterbronne in die drie sentrale damme wat onder meer Windhoek voorsien oor, volgens NamWater se weeklikse dambulletin. Von Bach is op 16 persent na water van Swakoppoort, wat op 49,4 persent staan, oorgedra is. Omatako is dolleeg. In die Suide is Hardap op 22,5 persent met net meer as 1,3 miljoen kubieke meter wat in die afgelope week benut is vir die groenskema. Naute by Keetmanshoop is op 49,2 persent en die Oanobdam by Rehoboth het ook 49,2 persent water. Die Ooste se totale bronne is op 4,6 persent met die Otjiverodam op 6,2 persent. Die twee Viljoendamme by Gobabis is op 20,9 en 3,8 persent. Water word nog steeds in die Olushandjadam in die Noorde gepomp en op die oomblik is hy op 46,7 persent.