Namibië se Riana Scholtz doen dit weer
Die langste en warmste wedren, The Desert Ultra, is tussen die 14de en 19de November gehou vanaf die Spitskoppe tot by die Save the Rhino-trust in die Kunene-streek. Meer as 30 internasionale en plaaslike atlete het aan die 250 kilometer-lange self-ondersteunende resies deelgeneem wat oor vyf dae en vyf verskillende trajekte plaasgevind het. Namibië se Riana Scholtz van Namibia Ultra Trails het deelgeneem en Kosmos 94.1 Sportnuus van haar ervaring vertel en hoe sy voorberei het.
Scholtz sê dis ‘n resies wat sy nooit sal vergeet nie.