Dis nie net kinders wat nie geldsake leer nie, ouers weet ook niks

Kinders word van jongs af vertel hulle moet wiskunde en wetenskap studeer, en word nie in finansiële vakke soos rekeningkunde, ekonomie en besigheidstudies onderrig voordat hulle hoërskool toe gaan nie. Mense sê kinders behoort oor die algemeen ook oor finansiële aangeleenthede soos spaar, pensioene en lenings geleer te word sodat hulle as volwassenes goeie besluite daaroor kan neem. Kosmos 94.1 het gepraat met Arnold Farmer, ‘n finansiële raadgewer by Old Mutual, wat sê ouers moet eerstens self oor die kwessies onderrig word.