VN sê Gaza moet ‘n politieke oplossing kry, vinnig ook

Die Verenigde Nasies se Menseregtekantoor vra ʼn politieke oplossing vir die konflik tussen Israel en Hamas. Hy sê dit moet gebou word op die enigste volhoubare langtermynbasis, naamlik volledige respek vir die menseregte van die Palestyne en Israeli’s. Israelse grondmagte beweeg tans in na die suide van Gaza en fokus op die gebied nadat die tydelike skietstilstand met Hamas Vrydag misluk het. Die VN se Hoof van Menseregte, Volker Türk sê hernude en verskerpte vyandighede sal tot meer sterftes, siekte en vernietiging as voorheen lei.