Siberië ervaar minus 50 grade Celsius

Temperature in dele van Siberië het tot minus 50 grade Celsius gedaal, terwyl sneeustorms Moskou in rekord sneeuval bedek het en vlugte ontwrig is. ‘n Abnormale vroeë koue in Sakha, die koudste gebied in die wêreld, het temperature tot selfs laer as minus 50 grade gedaal. Sakha se hoofstad, Jakoetsk, wat sowat 5 000 kilometer oos van Moskou is, was die temperatuur rondom minus 44 grade tot minus 48 grade. In Moskou het vertragings by sommige lughawens voorgekom. Daar word voorspel dat temperature in Moskou later vandeesweek tot sowat minus 18 grade Celsius sou daal.