Menzies poog nog ‘n appèl vanoggend

Menzies Aviation sal vandag weer poog om toestemming te kry om in die hooggeregshof te appelleer teen regter Shafimana Ueitele se vroeëre weiering van verlof tot appèl op 3 Oktober. Die maatskappy het redelike kennisgewing om die perseel by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe te verlaat, gevra. Menzies voer aan daar is verskeie foute deur regter Ueitele gemaak in sy Oktober-uitspraak. Menzies is op 19 Augustus uitgeskop en Paragon Aviation het oorgeneem. Dit het tot groot konsternasie gelei maar intussen het dinge begin normaliseer en Paragon is amper heeltemal gesertifiseer – dit is nog net uitvoere na Europa deur middel van Lufthansa wat nie moontlik is nie.