Beyonce se Renaissance open die naweek

Renaissance, die rolprent deur Beyoncé sal na verwagting die naweek bo-aan kaartjiekantore se trefferlyste beland. Die fliek is in tien lande geskiet en vang al die aksie op en van die verhoog vas. Renaissance is die toer met die grootste inkomste ooit van ʼn swart kunstenaar. Dit het ook die agste grootste toer-inkomste ooit opgelewer. Die rolprent wat op Wêreld-Vigsdag vrygestel word, is ter ere aan haar oom Jonny, wat aan vigsverwante oorsake dood is. Beyoncé het met haar Renaissance-toer 56 vertonings in 39 stede gelewer. Sy het haar voorkoms 148 verander deur 35 modehuise te gebruik.