Eskom sukkel om munisipale skuld te verhaal

Eskom sê hy gaan voort met pogings om agterstallige skuld, veral dié van munisipaliteite, in te vorder. Hy voeg egter by hy het nog nie die verlangde resultate behaal nie. Aan die einde van Maart vanjaar het agterstallige munisipale skuld 58,5 miljard Suid-Afrikaanse rand beloop wat ʼn toename van 30 persent is teenoor die 44,7 miljard rand in Maart verlede jaar. Die 20 munisipaliteite wat die swakste betaal se skuld maak 78 persent uit van die totale agterstallige munisipale skuld. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê hulle plaas hulle hoop op die Nasionale Tesourie se munisipale skuldverligtingsplan: