Meer Oshana-vroue meld verkragtings, GBV aan

Die polisie in die Oshana-streek het tot dusver vanjaar 110 verkragtingsake aangeteken, van wie 46 minderjarige kinders, 62 vroue en twee mans is. Benewens die verkragtingsake het die streek ook 50 sake van selfmoord aangeteken, waarvan 41 mans was. Streeksbevelvoerder, kommissaris Naftal Sakaria het gesê gevalle van geslagsgebaseerde geweld neem toe sedert 2021 maar hy voeg by ondanks die hoë getalle van GBV-gevalle dui statistieke daarop dat meer vroue stappe doen om sulke misdade aan te meld.