SA kan belangrike rol speel in geregtigheid in Gaza

Die GOOD Party sê Suid-Afrika is ‘n belangrike stem vir geregtigheid met Israel wat geen geheim daarvan maak dat hy sy vernietiging van die Palestynse mense en infrastruktuur wil hervat nie. Meer as 15 000 mense is dood sedert die oorlog tussen Israel en Hamas in Oktober uitgebreek het. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê Suid-Afrika se stem is belangrik vanweë sy ervaring van gedwonge verskuiwings, die miskenning groepe se menslikheid en sy onderhandelings vir, en bestuur van ‘n vreedsame roete na ‘n grondwetlike demokrasie: