Beesbemarking vertoon goed in derde kwartaal
Die derde kwartaal van die jaar het goeie slag- en bemarkingsyfers in die vleisbedryf aangemeld. Volgens die Vleisraad het 91 154 bees in die tydperk bemark, 52 persent meer as in dieselfde periode verlede jaar. Pryse was volgens die raad baie goed en veral uitvoer-abattoirs het goed gevaar, en so ook op-die-hoef-uitvoere, al het dit met amper 3 persent gedaal. Volgens die Vleisraad was daar ‘n toename van 111 persent in veeslagtings by uitvoer-abattoirs, vergeleke met die derde kwartaal van 2022. Die raad sê verder speenkalfpryse het plaaslik met 24,4 persent gedaal.