Huishoudelike geweld uiters hoog in SA
Suid-Afrika verkeer onder druk oor die koers van huishoudelike geweld. Die land is ‘n ondertekenaar van die Verenigde Nasies se Konvensie vir die Uitwissing van alle Vorms van Diskriminasie teen Vroue. Die Vroue-regsentrum en vennote het in 2013 ‘n ondersoek aangevra en bevind die land skend die konvensie se regte. Bronwyn Pithey van die sentrum sê die land laat na om wetgewing in dié verbind af te dwing: