Napha sê ‘greenies’ verstaan nie altyd leeujag nie
Die trofeejag van die leeumannetjie Mwezi in die noordweste van Namibië lok steeds reaksie uit. Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, Napha, sê die beskrywing van “woestynleeus” is nie gebaseer op wetenskaplike klassifikasie nie en is meer ‘n bemarkingsterm. Met 750 leeus in die land is die idee dat hierdie leeus kritiek skaars is, misleidend. Die opbrengs van hierdie trofeejagtogte dien ook verskeie doeleindes. Napha se president Axel Cramer het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.