Guterres verwelkom verlenging van skietstilstand, vra vir nog grensposte

Die sekretaris-generaal van die VN Antonio Guterres het die verlenging van die skietstilstand in Gaza met twee dae verwelkom. Guterres het ook sy hoop uitgespreek dat nog grensposte oopgemaak sal word vir broodnodige hulp vir die inwoners van Gaza.