Afdanking van Talmakkies in die Kaap verwelkom

Die GOOD Party in die Wes-Kaap het die skorsing van die Stad Kaapstad se hoof van die Veiligheid- en Sekuriteit-ondersoekeenheid, Reynold Talmakkies, verwelkom. Dit volg nadat bevind is hy het op onbehoorlike wyse opgetree teenoor ʼn landdros wat ʼn moordsaak hanteer het waarin sy seun, David, die beskuldigde was. Jonathan Cupido van die GOOD Party sê Talmakkies self staar oor ʼn ander saak ʼn strafregtelike klag in die gesig: