Verbod op oes van mopanebome ‘nie goed nie’

Reaksie word ontvang op die opdrag deur die omgewingsministerie dat alle oes en benutting van mopanebome in die Kunene-streek opgeskort is. Die direkteur van bosbou, Johnson Ndokosho, het in ‘n brief aan die relevante owerhede die opdrag uiteengesit. Hy sê daar is kommer oor onvolhoubare verbruik, hetsy vir houtskool produksie of eie gebruik. Alle permitte is met onmiddellike effek opgeskort. Bekende Kunene-boer en UDF-LP Dudu Murorua sê nie alle mopanes is bome nie en boere het nou meer as ooit inkomste nodig.