Swaar reënval vanaf Woensdag op plekke

Die Namibië Meteorologiese Dienste sê swaar reënval word teen Woensdag en tot oor die naweek oor die noordoostelike helfte van die binneland verwag. Die publiek word versoek om die nodige voorsorgmaatreëls te tref. Dit sal gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm wees met enkele geïsoleerde donderbuie, maar geïsoleerde tot verspreide donderbuie in die uiterste noordweste en die suidooste op plekke. Winderige weer sal na verwagting voortduur in die binneland. Die kus sal gedeeltelik bewolk en warm wees met buie op plekke. Kosmos 94.1 Nuus het met Odilo Kgobetsi van die Windhoekse weerkantoor gepraat.