Kommer brei uit oor Nasionale Gesondheidsversekering

‘n Koalisie van nege mediese verenigings, die South African Health Professionals Collaboration, het teleurstelling uitgespreek oor die Nasionale Raad van Provinsies se komitee se gebrek aan wysigings aan die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering. Die koalisie se woordvoerder, Simon Strachan, is bekommerd oor die onbedoelde gevolge wat waarskynlik sal voortspruit uit die oorhaastige aanvaarding van die wetsontwerp in sy huidige vorm. Strachan vra vir ‘n deeglike hersiening om ‘n werkbare, bekostigbare en verbeterde gesondheidsorgstelsel vir alle burgers te verseker.