Wes-Kaapse misdaadsyfers is Winde se mislukking

Die Referendumparty beskuldig die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, dat hy misluk het om polisiemagte na die provinsie te laat afwentel. Wetstoepassing is tans ʼn nasionale funksie wat deur die polisie uitgevoer word. Winde laat gereeld sy stem hoor oor die afwenteling van polisiemagte na die provinsies en voer ʼn woordestryd met die minister van Polisie, Bheki Cele, oor polisiehulpbronne in die Wes-Kaap. Die Referendumparty se leier, Phil Craig, sê die hoë misdaadsyfer in die provinsie is weens die provinsiale regering se mislukkings: