AfriForum is by VN oor haatspraak
Verteenwoordigers van AfriForum neem vandag en Vrydag deel aan twee geleenthede van die Verenigde Nasies om die buiteland verder bewus te maak van diskriminasie, rasgebaseerde wetgewing en haatspraak teen minderhede in Suid-Afrika. Ernst van Zyl van die burgerregte-organisasie sê een van die belangrikste kwessies wat hulle onder die VN se aandag wil bring, is die regering se raskriteria vir die uitvoer van landbouprodukte. Hy sê hulle sal ook ʼn nuwe verslag oor die Suid-Afrikaanse regering se rassediskriminasie aan die VN se komitee oor die uitskakeling van rassediskriminasie voorlê.