16 dae moet vanjaar ‘n beter verskil maakNovember 27, 2023
Die leier van die Transformation Alliance, Abel Tau, doen ‘n beroep op mense om die 16 dae van aktivisme teen vroue- en kindermishandeling as ‘n lewenswyse in Suid-Afrika te aanvaar. Hy sê aktivisme teen vroue- en kindermishandeling kan nie slegs ‘n eenmalige gebeurtenis wees nie, dit moet ‘n lewenswyse word. Volgens ‘n onlangse verslag oor die 2022/2023 boekjaar, het byna 53 900 Suid-Afrikaners as die slagoffers van ‘n seksuele misdaad aangemeld. Volgens Tau is sowat 80 persent van hulle verkrag, terwyl byna 7 600 burgers onthul het hulle is seksueel aangerand: