Drie ontvoerde joernaliste in Mexiko vrygelaat

Drie joernaliste wat onlangs in Mexiko se suidelike deelstaat Guerrero ontvoer is, is ongedeerd bevry ná soektog operasies deur veiligheidsowerhede. Mexiko is een van die wêreld se dodelikste lande vir joernaliste, met vyf wat vanjaar dood is volgens die internasionale vryspraakgroep, Artikel 19. Die drie joernaliste wat Saterdag vrygelaat is, was onder vyf mense wat in die toeristedorp Taxco verdwyn het. Met ‘n 13 moorde, was verlede jaar die dodelikste vir joernaliste in Mexiko sedert Artikel 19 in 2000 begin rekord hou het.