EU-lande versterk grense binne gebied

Die Europese Unie het te doen met ‘n toename in wettige en onwettige aankomste deur migrante. Agentskappe sê daar was in 2022, 1,1 miljoen aankomelinge wat aangemeld is, en dit sluit nie die onwettige migrante in nie. Lidlande in die EU sê hulle is genoodsaak om grensbeheer in te stel binne wat normaalweg ‘n sone van vrye beweging binne die EU is. Die blok se Schengen-reëls laat sulke optrede as ‘n laaste uitweg toe in gevalle wat as ernstige bedreigings vir interne veiligheid of openbare beleid beskou word.