Israelies betoog in Tel Aviv

‘n Geraamde 100 000 mense het in Tel Aviv, Israel, betoog vir die vrylating van alle mense wat Hamas gevange hou. Dit het op die die tweede dag van ‘n tydelike skietstaking tussen die Palestynse groep en Israel gebeur. Die betogers het byeengekom op wat die Israeli’s ‘Hostage Square’ noem. Die geleentheid herdenk ook die 50 dae sedert Hamas se 7 Oktober-aanval in die suide van Israel. Sentraal-Londen was ook gepak met tienduisende mense wat ‘n permanente skietstaking in Gaza eis. Hulle sê die tydelike verposing bring min verligting ná ‘n beraamde 15 000 Palestyne in Israeliese aanvalle omgekom het.