T20: Aussies en Indië pak mekaar weer

Die pasgekroonde eendag-wêreldkampioen, Australië, kry vandag die geleentheid om die reeks van vyf T20-wedstryde teen Indië gelyk te laat trek. Die gashere het Donderdag wraak geneem vir die nederlaag in die Wêreldbeker-eindstryd deur die Aussies in die eerste T20 in ʼn naelbyt-stryd te klop. Australië het ʼn verdienstelike 208 vir drie behaal met die paaltjiewagter, Josh Inglis, se bydrae ʼn blitsige 100 van net 50 balle. Indie het die teiken gehaal met agt paaltjies plat en een bal oor. Die reeks eindig die derde van volgende maand.