Hof beveel ANC om R102m te betaal vir partymateriaal

Die ANC moet ‘n handelsmerkmaatskappy van KwaZulu-Natal meer as 100 miljoen Suid-Afrikaanse rand betaal nadat die regerende party ‘n aansoek in die Appèlhof verloor het. Die geld is aan Ezulweni Investments verskuldig vir veldtogmateriaal vir die algemene verkiesing van 2019. Die ANC wou bewys daar was nie ‘n kontraktuele ooreenkoms met die maatskappy nie nadat die hof in Johannesburg in Mei beslis het die party is aanspreeklik vir die bedrag van 102 miljoen rand plus rente van 10,25 persent vanaf Mei 2019 tot Augustus die volgende jaar. Die Appèlhof het die aansoek met koste van die hand gewys.