Duares mik nou na ‘groen’ kunsmis

Die Daures Groen Waterstof Dorp Konsortium soek tans fondse om ammoniaksulfaat-kunsmis te vervaardig, ‘n projek wat nie aanvanklik deur ‘n 220 miljoen Namibiese dollar-toelae van die Duitse federale ministerie van onderwys en navorsing gedek is nie. Dit is onthul deur die projek se hoof uitvoerende beampte, Jerome Namaseb, wat sê dit is nou ‘n prioriteit vir die dorp. Die HUB het ook bevestig dat hulle beoog om groen waterstof en groen ammoniak-bedrywe te vestig, en koolstofvrye landbou teen einde Junie volgende jaar te bevorder. Kosmos 94.1 Nuus het met Jerome Namaseb gepraat oor hoe groen ammoniaksulfaat die Namibiese ekonomie kan bevoordeel.