Polisieman ry per ongeluk oor baba
Die polisie in die Oshana-streek het ‘n saak van strafbare manslag geopen teen ‘n 48-jarige man wat per ongeluk oor ‘n 11-maande-oue baba gery het wat in die skadu van sy motor geslaap het. Die man, ‘n polisiebeampte, het die kar in tru-rat weggetrek toe sy seun skree dat daar ‘n baba agter die motor lê. Hy het dadelik stilgehou, die baba opgetel en met hom na die hospitaal gehaas, maar die seuntjie is dood verklaar. Die oorledene is geïdentifiseer as Isaac Linus. Die polisiebeampte is nie gearresteer nie, maar sy saak is na die kantoor van die aanklaer-generaal gestuur vir ‘n beslissing. Die voorval het Donderdag in die dorpie Oshandumbala voor die verdagte se huis plaasgevind.