Nuwe sakgids vir staatsamptenare

Eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila het die bekendstelling behartig van “Being a Public Servant in Namibia, the pocket guide 2.0”. Die sakgids, soos dit bekend staan, is ‘n interaktiewe digitale hulpmiddel, wat beskryf word as ‘n “katalisator vir kennisverkryging en innovasie, wat bydra tot die algehele doeltreffendheid van openbare dienslewering”. Die premier het tydens die geleentheid verduidelik wat die doel van die gids is.