Kommer oor Wêreldbank-verslag: Misdaad in SA kos R700 miljard

Tax Justice South Africa sê die land het ʼn paradys vir misdadigers geword terwyl eerlike landsburgers ly. ʼn Nuwe Wêreldbank-verslag beklemtoon die hoë tol wat misdaad op die ekonomie eis. Die bank beraam misdaad kos die land 700 miljard Suid-Afrikaanse rand per jaar en ondermyn Suid-Afrika se groeipotensiaal en landsburgers se welsyn. Tax Justice SA se stigter, Yusuf Abramjee, sê die regering moet meer doen om misdaad te bekamp: