Verskerp aanlynsekuriteit die naweek
‘n Kubersekerheidsonderneming, Eset South Africa, raai Suid-Afrikaners aan om hul aanlyn veiligheidsmaatreëls hierdie Swart Vrydag-naweek te verbeter. Suid-Afrika is onder die top tien lande wat worstel met kubermisdaad-uitdagings en die onderneming se uitvoerende hoof, Carey van Vlaanderen, beklemtoon die belangrikheid van sterk wagwoordbeskerming vir verbruikers wat aanlyn inkopies doen. Sy sê die beveiliging van wagwoorde is een van die belangrikste veiligheidsmaatreëls wat elke aanlyn koper moet instel. Van Vlaanderen sê die beveiliging van digitale transaksies is uiters belangrik: