Oekraïnse boere gee op, pogings om uitvoere te laat herleef
Oekraïne se pogings om see-uitvoere via die Swartsee te laat herleef, in weerwil van Rusland se militêre blokkade, het ‘n sprankie hoop gegee aan ‘n wankelrige plaassektor waarin sukkelende produsente begin om grond in een van die wêreld se grootste graangordels te laat vaar. Met geen einde in sig aan die oorlog met Rusland nie, is toegang tot die Swartsee van kritieke belang as die Oekraïne sy landboubedryf wil bewaar. Die land was voor die oorlog die wêreld se vierde grootste graanverskaffer wêreldwyd.