ANC se ondersteuning vir Palestina kan rand raak

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank waarsku oor die potensiële uitwerking van die ANC-regering se pro-Palestynse houding in die Israel-Hamas-konflik. Die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, meen hierdie standpunt kan druk op die rand uitoefen, handelsverhoudinge beïnvloed en ekonomiese koste vir Suid-Afrikaners veroorsaak. Kosmos 94.1 nuus het met die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt oor die moontlik impak gesels.