Intellektuele eiendom onder die loep by Bipa

Die sake- en intellektuele eiendomsowerheid, of Bipa, was hierdie week die gasheer van Daren Tang, direkteur-generaal van die Wêreld Intellektuele Eiendomsorganisasie. Tang was op ‘n besoek van twee dae, in reaksie op ‘n uitnodiging wat in 2021 in Genève gemaak is deur die adjunk-premier en minister van internasionale betrekkinge, Netumbo Nandi-Ndaitwah. Ockert Jansen, die woordvoerder van Bipa, praat oor sommige van die ooreenkomste wat die wêreld-organisasie met Namibië gesluit het.