WGO wil weet oor respiratoriese infeksies in China

Die Wêreldgesondheidsorganisasie vra China vir besonderhede oor ‘n toename in respiratoriese siektes en gerapporteerde groepe van longontsteking by kinders. Die organisasie sê dit is ‘n roetine ondersoek. Owerhede in China het die toename in die gevalle toegeskryf aan die opheffing van Covid-19-beperkings en die sirkulasie van bekende patogene wat griep, longontsteking, en meer, sowel as Covid, veroorsaak.