WGO kyk na klimaatsverandering en vroue, kinders se gesondheid

Swanger vroue, babas en kinders staar erge gesondheidsgevare in die gesig weens klimaatskatastrofes wat dringend moet aandag kry. Dis volgens ʼn VN-verslag met die titel: Beskerm moeders, pasgeborenes en kinders se gesondheid teen die uitwerking van klimaatsverandering. Bruce Aylward van die Wêreldgesondheidsorganisasie sê kinders se toekoms moet bewustelik beskerm word. Dit beteken volgens hom daar moet nou reeds klimaatsoptrede wees vir hulle gesondheid en oorlewing se onthalwe terwyl hulle unieke behoeftes in die klimaatsreaksie erken word.