Polisiemag in Wes-Kaap is onvoldoende

Die DA in die Wes-Kaap het sy oproep herhaal dat polisiëringsmagte in die provinsie afgewentel en die minister van polisie, Bheki Cele, verwyder word. Syfers toon 116 van die Wes-Kaap se 151 polisiekantore het ʼn tekort aan personeel en slegs vyf se personeel is voltallig. ʼn DA-woordvoerder, Gillian Bosman, sê daar is tans net 15 327 operasionele polisielede by die provinsie se polisiekantore ontplooi terwyl die SAPD-wet ʼn minimum van 20 000 voorskryf: