Entrepreneurs kry opleiding
Hoë werkloosheidsyfers sal na verwagting voortduur in Namibië, terwyl die werkloosheidsyfer onder jeug vanjaar op ongeveer 47,4 persent beraam word. SMEs Competitiveness Consultancy bied dus ‘n driedaagse EmpowerNamBiz! program aan wat deur Shell Namibia aangedryf word. Die toekomstige entrepreneurs gaan opleiding kry om hul sakevaardighede in administrasie, kliëntediens en boekhouding te slyp. Dit sal hulle help om hul eie besighede te begin en hulle kan ook deelneem aan die Basics of Business program. Kosmos 94.1 Nuus het met die direkteur van SMEs Compete, Danny Meyer, gesels oor die belangrikheid van die opleiding.